
Die langste algehele maansverduistering in 1 1jaar vind vanaand plaas – ’n volle 100 minute daarvan.
Dit gaan só verloop:
19:25: Die verduistering van die halfskaduwee begin. Die maan beweeg deur die aarde se halfskaduwee. Dit is moeilik om raak te sien, selfs met ’n teleskoop, maar dit lyk of die maan net effens donkerder is aan die een kant.
20:33: Die gedeeltelike maansverduistering begin. Die maan raak stelselmatig donkerder van een kant af.
21:22: Algehele verduistering begin. Die maan is rooi of koperkleurig. Die hele maan beweeg deur die aarde se kernskaduwee.
22:13: Hoogtepunt van die verduistering. Die kleur is op sy mooiste.
23:03: Einde van die algehele verduistering.
00:02: Einde van die gedeeltelike verduistering. Die maan verlig weer stelselmatig van een kant af.
01:01: Die verduistering van die halfskaduwee eindig. Die maan beweeg uit die aarde se halfskaduwee. Dit is baie moeilik om waar te neem, selfs met ’n teleskoop.





